In ’n wêreld wat jou aandag voortdurend verdeel, is teenwoordigheid ’n daad van geloof, liefde en vertroue. In hierdie episode verken ons hoe om werklik aanwesig te leef — met jou liggaam, jou denke en jou gees. Met Bybelverse en navorsingsinsigte, word jy uitgenooi om die vrede en betekenis van die huidige oomblik te herontdek.
--------
12:36
Om hoop toe te pas
In ’n wêreld vol onsekerheid is hoop nie ’n gevoel nie, maar ’n daad. In hierdie episode gesels Jannes oor hoe hoop ’n leefwyse kan word — gewortel in geloof, gevorm in lyding, en versterk deur gemeenskap. Met Bybelwaarhede en insigte uit navorsing, ontdek Jannes hoe jy hoop elke dag prakties kan toepas.
--------
12:36
Om te kan onthou
As jy kan onthou kan jy ook genees. Jannes reflekteer oor die krag daarvan om te kan onthou en hoe dit ons deur moeilike én maklike tye laat beweeg.
--------
13:10
Die voorreg van gesondheid
Jannes reflekteer oor die brose geskenk van gesondheid – fisies en geestelik. Met insigte uit navorsing en Skrif (Psalm 103:2-3), herinner hy ons om dankbaar te wees vir elke asemteug. ’n Episode oor dankbaarheid, genade en menswees.
--------
14:10
Welkom by MensWees
MensWees met Jannes Erasmus is ’n Afrikaanse potgooi wat jou nooi na ’n stadiger, dieper leefwyse—’n ruimte waar egtheid saak maak en ware gesprekke gevoer word. Hier verken ons die volle spektrum van menswees: emosies, denke, vrese, drome, pyn en genesing. Elke week koppel ons dié temas aan ’n Boek van die Week, ’n stuk literatuur wat help om sin te maak van jou eie verhaal. MensWees is meer as net ’n potgooi—dis ’n beweging na bewus leef, gebore uit Seisoen, die Afrikaanse leefstyltydskrif wat elke lewensfase vier met deernis en hoop. Nuwe episodes verskyn elke Sondag. Kom luister saam.
Jannes praat oor die ingewikkelde taak om emosies te beskryf, die krag wat ons gedagtes het en die kuns van self verbetering. Jy is nie alleen nie, die is mos al die goed wat ons mens maak. Nuwe episodes word elke twede Sondag gepubliseer.